CAPITAL CORP. SYDNEY

73 Ocean Street, New South Wales 2000, SYDNEY

Contact Person: Callum S Ansell
E: callum.aus@capital.com
P: (02) 8252 5319

WILD KEY CAPITAL

22 Guild Street, NW8 2UP,
LONDON

Contact Person: Matilda O Dunn
E: matilda.uk@capital.com
P: 070 8652 7276

LECHMERE CAPITAL

Genslerstraße 9, Berlin Schöneberg 10829, BERLIN

Contact Person: Thorsten S Kohl
E: thorsten.bl@capital.com
P: 030 62 91 92

Wenners glimlag breed

Nuus

'n Paar lede van NWK se Lojaliteitsprogram glimlag breed nadat hulle vanoggend NWK Retail koopbewyse ontvang het.

Hulle het bloot transaksies van R500 of meer met NWK gedoen en is toe in ‘n gelukkige trekking as die wenners gekies.

Frans van der Linden het in Januarie vanjaar ‘n koopbewys ter waarde van R1 500 gewen en is Mei in wéér gekies as die wenner van ‘n koopbewys van R500. Hier ontvang hy sy koopbewyse by NWK Retail Biesiesvlei van Jacques de Wet, bemarkingsbestuurder van NWK.

Hendrik van der Merwe (Bosklip Boerdery) het in Junie ‘n koopbewys ter waarde van R500 gewen. Jacques het dit by NWK Retail Sannieshof aan hom oorhandig terwyl Henk Greeff (regs), winkelbestuurder, toekyk.

Nico Bouwer (Bouwer Boerdery Bpk) het in Januarie ‘n koopbewys ter waarde van R500 gewen en dit by NWK Retail Delareyville ontvang.

Danie Havenga het Dail van Rensburg se R500-koopbewys wat hy in April gewen het, hier namens hom ontvang.

Jan Badenhorst het in Maart ‘n R500-koopbewys gewen, maar kon nie die oorhandiging bywoon nie.

Baie geluk aan elkeen!

018 633 1000

Om met ‘n NWK-finansieringskonsultant te gesels.

Doen navraag

by jou naaste Retail-winkel of by enige NWK-graansilo.

Kontak ons

Besoek NWK se kliëntediensportaal vir navrae, voorstelle, klagtes of komplimente.