Wie kan deelneem?
Enige persoon of instelling wat met NWK Handel sake doen of graan aan NWK Graan lewer en wie se registrasie goedgekeur is, kan deel raak van die groeiende groep kliënte wat reeds suksesvol geregistreer het en deurlopend waarde verdien omdat hulle hul sake aan NWK toevertrou.
Deelnemende entiteite, die publiek en personeel ontvang krediet vir verdere aankope op hul NWK-rekening in ruil vir hul puntewaarde per jaar.
NWK-aandeelhouers of produsente wat as bona fide-boere by NWK geregistreer is, of deel is van die opkomende boere- en jongboerprogramme, kan hul aandeelhouding in die groep uitbrei deurdat NWK Beherend-aandele – onderworpe aan beskikbaarheid – toegeken word vir die waarde van die lojaliteitspunte verdien per jaar (1 Mei tot 30 April).
Waarde word verdien deur die volgende te doen:
- Aankope by NWK Handel (NWK Saad, Midchem, NWK Kunsmisbemarking, NWK Meganisasie, NWK Retail of Econobuild), hetsy op rekening of kontant met ’n NWK-rekeningnommer – en op direkte transaksies soos kunsmis, diesel en saad.
- Graanlewerings by NWK Graan.
NWK se verskaffers is net so opgewonde oor die program soos ons. Kliënte kan bykomende verskaffergedrewe aansporings en kompetisies eksklusief vir Lojaliteitsprogramkliënte te wagte wees.