Watter voordele bied die program?
NWK-kliënte wat vir dié unieke program geregistreer het, verdien deurlopend lojaliteitswaarde en/of ‘n bonuswaarde met elke kwalifiserende transaksie. Dit word ná die finansiële jaareinde uitgekeer in die vorm van NWK Beherend-aandele of as krediet vir verdere aankope.
Deelname aan die lojaliteitsprogram, plaas NWK-kliënte in ‘n posisie om beloon te word vir hul lojale ondersteuning. Sodoende ploeg NWK terug in die landbougemeenskap van Noordwes en die boerdery-generasie van die toekoms.
Het jy geweet?
- NWK Beherend-aandele kan as sekuriteit aangebied word by NWK Finansiering.
- Dié aandele kan te enige tyd verhandel word.
- Dividende kan jaarliks daarop verdien word, wat ‘n bykomende bron van inkomste verseker.
- Die waarde van NWK Beherend-aandele wat deur die program verkry is, kan styg.
- NWK is ‘n produsentegebaseerde landboubesigheid met ‘n etiese kultuur en strukture wat oor meer as elf dekades gevestig is. Sake wat aan NWK toevertrou word, versterk ons dinamiese vennootskap met produsente en skep ‘n samewerking vir wedersydse volhoubaarheid.
- Ander lojaliteitsprogramme in landbou bied aan deelnemers ‘n uitgestelde voordeel wat eers ná bykans 15 jaar aan hulle uitkeer. NWK se lojaliteitsprogram is egter uniek aangesien lojaliteitskliënte deurlopend waarde verdien waarna die beloning tussen finansiële jaareinde en die daaropvolgende finansiële jaareinde uitgekeer word in die vorm van NWK Beherend-aandele of as krediet vir verdere aankope.