Hoe verdien ek lojaliteitspunte?
Sodra jou registrasie vir die NWK-lojaliteitsprogram afgehandel is, word lojaliteitspunte outomaties verdien deur handelsaankope en graanlewerings. ‘n Bonuswaarde kan verdien word deur kunsmisaankope by NWK-Omnia en deur presisiebesigheidsake met Landboubestuursdienste te doen.
‘n Nuwe toevoeging tot die beloning van u lojaliteit, is die aanwysing van toppunteverdieners in altesaam agt produkkategorieë – wat saam met die jaarlikse toptien-punteverdieners en die algehele toppuntverdiener erken word.
Ná ‘n maklike registrasieproses afgehandel is, verdien kliënte hul lojaliteitswaarde deurlopend deur die volgende te doen:
- Aankope by NWK Handel (NWK Saad, Midchem, NWK Kunsmisbemarking,
NWK Meganisasie, NWK Retail of Econobuild), hetsy op rekening of kontant met ‘n NWK-rekeningnommer – en op direkte transaksies soos kunsmis, diesel en saad. - Graanlewerings by NWK Graan.
- NWK se verskaffers is net so opgewonde oor die program soos ons. Kliënte kan bykomende verskaffergedrewe aansporings en kompetisies eksklusief vir Lojaliteitsprogramkliënte te wagte wees.
Let wel: Die waarde wat verdien word, is gekoppel aan die bruto wins van transaksies en die volume graan ontvang in daardie jaar. Lojaliteitspunte wat in krediet teen jou NWK-rekening omgeskakel is, kan vir verdere aankope gebruik word. Dié krediet kan nie in kontant uitgekeer word of aangewend word om ’n NWK-rekening te betaal nie.
Die balans van jou lojaliteitspunte verskyn ná die betrokke maand waarin aankope plaasgevind het, op jou profiel op NWK Online by www.nwk.co.za. Deur te registreer, kry kliënte boonop toegang tot ander elektroniese dienste van NWK, soos rekeningnavrae.
Alle kliënte wat geregistreer is as jongboere, bona fide-boere (bona fide-kommersiële landbouprodusente in terme van NWK Beherend se oprigtingsakte) en opkomende boere wat geregistreer is vir die Opkomende Boere-projek, asook kliënte wat reeds NWK Beherend-aandele besit, sal aandele in NWK Beherend ontvang en die ander kliënte sal ‘n krediet vir die waarde verdien op hul primêre NWK-rekening ontvang.