BEPALINGS EN VOORWAARDES VAN DIE NWK LOJALITEITSPROGRAM


ALGEMEEN
  • 'n Individu sal kwalifiseer om aan Lojaliteitsprogram deel te neem indien:
    • Hy/sy 'n bestaande aandeelhouer van NWK Beperk en/of NWK Beherend Beperk is;
    • Hy/sy homself/haarself skriftelik verbind tot deelname aand die Lojaliteitsprogram
  • Enige huidige of voornemende klant van NWK Beperk kan registreer vir deelname aand die program.
  • 'n Lid se deelname aan die Lojaliteitsprogram is onderhewig aan die bepalings en voorwaardes soos hierin uiteengesit.
  • NWK Beperk sal nie enige kostes en/of fooie aan lede hef ten opsigte van deelname aan die Lojaliteitsprogram nie.
  • Die registrasieproses sal slegs deur NWK Online, op die NWK webwerf platform gedoen word.
  • Lede sal na die goedkeuringsproses voorsien word van 'n unieke lojaliteitsrekening of kontantrekening nommer.
  • Deelnemende lede is daarvoor verantwoordelik om korrekte personlike inliging aan NWK Beperk te voorsien en om NWK Beperk onmiddellik in kennis te stel indien enige van die inligting sou verander.
  • Die ooreenkoms word geïnterpreteer en uitgevoer in ooreenstemming met Suid-Afrikaanse wetgewing.
  • NWK Beperk behou die reg voor om die lojaliteitsprogram ter enige tyd te beëindig
PUNTEBEREKING
  • Die punte word slegs bereken op grond van winsgewende transaksies aangegaan met NWK Beperk (filiale uitgesluit).
  • Die berekings sal gebaseer word op die Netto resultaat wat behaal word per transaksiedokument.
  • Een lojaliteitspunt word toegeken aan elke R100 se netto resultaat wat gerealiseer het.
 

Graanlewerings:

  • Lojaliteitspunte word bereken op die winsgewendheid van die graansegment op 'n jaarlikse basis en toegeken na afsluiting van die finansiële jaar.
  • 'n Faktor word bepaal tussen die winsgewendheid van die Handelsegment en die Graansegment.
  • 'n Graan puntepoel word bereken vir die jaar en vermenigvuldig met die bogenoemde faktor.
 

Kommissie:

  • Daar word punte verdien op kommissie op die volgende direkte transaksies:
    brandstofverkope ; chemikalieë-verkope ; kalkverkope ; kunsmisverkope en saadverkope

    Daar sal jaarlike 'n faktor bereken word deur NWK gegrond op die historiese inligting wat betref die winsgewendheid van die transaksies.
JAARLIKSE TOEKENNINGSBEDRAG:
  • Die jaarlikse toekenningsbedrag wat beskikbaar is vir verdeling sal deur die Direksie van NWK Beperk vasgestel word en sal toegeken word volgens die goedgekeurde norme soos voorag goedgekeur deur genomineerde persone.
  • Die besluit van die Direksie met betrekking tot die toekenningsbedrag is finaal en sal nie oop wees vir bespreking nie.
  • Indien die Direksie besluit om nie 'n waarde aan die punte toe te ken nie sal die puntetoekenning na 'n volgende jaar oorgedra word.
  • Daar is GEEN reg wat vestig totdat die Direksie 'n waarde toeken nie.
UITREIKING VAN VOORDELE:
  • Gebaseeer op die punte wat elke lid gedurende die jaar opgebou het, word hierdie punte omgeskakel na 'n randwaarde.
  • Indien die Randwaarde R1000.00 [Eenduidend Rand] oorskry sal NWK Beperk, aandele toeken vir daardie waarde aan die lid.
  • Alle lede wie se voordele onder 'n R1000.00 [Eenduisend Rand] sal 'n krediet toekenning op hul rekeninge ontvang.
  • alle lede wat as bona fide boere geregistreer is sal aandele in NWK Beherend Beperk ontvang (indien beskikbaar) en alle ander klante in NWK Beperk (indien beskikbaar). Indien voldoende aandele nie beskikbaar is sal 'n krediet toekenning op die lid se rekening toegeken word.
BEPERKING VAV AANSPREEKLIKHEID EN VRYWARING:
  • NWK Beperk, sy direksie, bestuur of werknemers sal nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies, uitgawe, eis of skade (hetsy direkte, indirekte of gevolgskade, wat 'n lid ter enige tyd mag ly of opdoen as gevolg van of in verband met sy deelname aan die Lojaliteitsprogram nie en/of agv die gebruik van die rekeningnommer deur 'n 3de party nie.)
  • Aankope by enige van NWK Beperk se filiale kwalifiseer nie vir hierdie Lojaliteitsprogram nie.
  • Elke klousule van hierdie bepalings en voorwaardes staan apart van die res van hierdie bepalings en voorwaardes. Indien enige van hierdie bepalings en voorwaardes onwettig, ongeldig of onafdwingbaar is of word vir enige rede hoegenaamd, sal die geag word nie by hierdie bepalings en voorwaardes ingesluit te wees nie. welke beteken dat:
    • Die res van hierdie bepalings en voorwaardes nie onwettig, ongeldig of onafdwingbaar sal wees nie; en
    • Dit geen effek sal he op die wettigheid, geldigheid of afdwingbaarheid van enige bepalings of voorwaardes nie.
AFSTERWE DEUR DIE LID:
  • NWK Beperk moet in kennis gestel word wanneer die lid tot sterwe kom.
  • Geen voordele sal na die lid gekrediteer word na datum van afsterwe nie.
  • Enige fondse beskikbaar op datum van afsterwe, sal aan die boedel van die oorledene beskikbaar gestel word.

BEVESTIGING DEUR LID:
  • Die Lid mag nie enige regte en/of verpligtinge onder hierdie ooreenkoms sedeer nie.
  • Die Lid bevestig dat sy/haar deelname aan die Lojaliteitsprogram uit vrye wil is.
  • Die regte en verpligtinge wat aan die lid verleen en opgelê word ingevolge hierdie bepalings en voorwaardes gelees, verstaan en aanvaar is.
  • Dat die gebruik van sy/haar persoonlike inligting onderworpe is aan NWK Beperk se beleid op persoonlike inligting in terme van POPI en PAIA (soos opgedateer van tyd tot tyd) welke beleid beskikbaar is op aanvraag.
BFKAP-DEFINISIE EN NWK BEHEREND-AANDELE:
Neem asseblief kennis dat NWK Beherend-aandele slegs na bona fide kommersiële agriprodusente ("BFKAP") oorgedra of deur ‘n BFKAP verkry kan word.

Om te bevestig of u kwalifiseer om aandele in die Maatskappy te bekom, voorsien asseblief die volgende dokumente aan NWK asook u makelaar:

  1. Skriftelike bevestiging ten opsigte van die landbougrond waarop u en/of u entiteit kommersiële landboubedrywighede beoefen by wyse van:
    1. 'n gesertifiseerde afskrif van 'n titelakte of 'n langtermyn-huurooreenkoms of 'n testamentêre trust wat vruggebruik bewys ten opsigte van die landbougrond waarop u kommersiële landboubedrywighede bedryf bevestig; of
    2. 'n beëdigde verklaring van die eienaar van landbougrond wat bevestig dat u kommersiële landboubedrywighede op die betrokke landbougrond en vir u eie wins of verlies bedryf.
  2. Skriftelike bevestiging ten opsigte van die kommersiële landboubedrywighede wat beoefen word en gelyk is aan of hoër is as die BFKAP-waardedrempel (welke drempel tans 'n bedrag is in Rand van nie minder nie as R 500 000.00 (Vyf Honderd Duisend Rand) of sodanige bedrag bepaal deur die direksie van die Maatskappy en van tyd tot tyd deur sy aandeelhouers goedgekeur tydens ʼn algemene jaarvergadering van aandeelhouers) en as volg gestaaf word:
    1. gesertifiseerde afskrifte van finansiële state, belastingopgawes, enige landboumaatskappy se kleinhandelrekeningstaat of 'n geregistreerde dieselkorting wat bevestig dat u kommersiële landboubedrywighede gelyk is aan of hoër is as die BFKAP-waardedrempel; of
    2. 'n gesertifiseerde afskrif van 'n finansieringooreenkoms of soortgelyke ooreenkoms wat tussen u en 'n betroubare finansiële instelling (soos omskryf in die Wet op Finansiële Markte, die Bankwet, nr. 94 van 1990, die Nasionale Kredietwet, nr. 34 van 2005, of enige ander soortgelyke wetgewing) aangegaan is waarvolgens die finansiële instelling befondsing toegestaan het vir die beoefening van kommersiële landboubedrywighede wat u bedryf in terme van ʼn beskikbare kredietfasiliteit of ʼn onttrekkingsfasiliteit; of
    3. 'n gesertifiseerde afskrif van 'n afleweringsbevestiging(s) of belastingfaktuur(e) vir landbouprodukte by 'n erkende of betroubare landbouprodukverkryger(s) en/of verbruiker(s) ten opsigte van landbouprodukte wat deur u vervaardig is in die uitvoering van kommersiële landboubedrywighede; of
    4. 'n gesertifiseerde afskrif van 'n afleweringsbevestiging(s) of belastingfaktuur(e) vir lewende hawe geproduseer wat op 'n veiling of by ʼn abattoir gelewer is.

LET WEL: DIE MAKSIMUM PERSENTASIE AANDELE WAT ʼn ENKELE AANDEELHOUER IN DIE MAATSKAPPY KAN HOU, HETSY DIREK OF INDIREK, IS 5% (VYF PERSENT).

Terug