U grootste inkomstebron is afkomstig van onder meer kommersiële landboubedrywighede of die meerderheid van u daaglikse sakebedrywighede draai rondom kommersiële landboubedrywighede.
Hierdie BFKAP-waarde drempel is tans gelykstaande aan 'n bedrag van nie minder nie as R 500 000,00 (Vyfhonderdduisend Rand) en die bedrag kan van tyd tot tyd deur die direksie gewysig word.
Om u Lojaliteitsprogramregistrasie as ‘n bona fide-boer goed te keur, sal NWK in besit moet wees van:
a. Bewyse van die landbougrond waarop u kommersiële landboubedrywighede bedryf
b. Bewyse van die kommersiële landboubedrywighede wat uitgevoer word op die landbougrond. Die BFKAP-waarde drempel is tans gelykstaande aan 'n bedrag van nie minder nie as R 500 000,00 (Vyfhonderdduisend rand) en hierdie bedrag kan van tyd tot tyd deur die direksie gewysig word.