Meer as R51,5 miljoen se waarde in hoofsaaklik aandele is al aan lojaliteitskliënte toegeken
’n Uitkeerwaarde van R51,5 miljoen is die afgelope vyf seisoene van NWK se lojaliteitsprogram deur deelnemende kliënte verdien. Die Omnia-toekenning beloop ‘n verdere R3,1 miljoen en die waarde van die totale toekenning is dus R54,6 miljoen.
‘n Totaal van 9 111 006 NWK Beherend-aandele is reeds toegeken, wat neerkom op sowat 7% van die totale uitgereikte aandele van NWK Beherend wat net die afgelope vyf jaar deur die Lojaliteitsprogam verhandel is. Nagenoeg R1,9 miljoen is as krediet vir verdere aankope beskikbaar gestel.
12.8 m
Getal lojaliteitspunte wat ons kliënte sedert 2017 verdien het
R51.5 m
Waarde van punte toegeken deur NWK sedert 2017
3 314
Rekeninge gekoppel aan registrasies sedert 2017
R1.89 m
Kontant as krediet vir verdere aankope uitbetaal aan kliënte
Hoe gewild is die program?
NWK het die lojaliteitsprogram in Augustus 2017 geloods. Sedertdien is meer as 2 036 registrasies voltooi en goedgekeur, met ‘n totaal van 3 314 rekeninge wat hieraan gekoppel is.
Dié positiewe deelname van kliënte wat hul besigheid aan NWK toevertrou het, het gesorg dat die direksie oor die afgelope vyf jaar ‘n uitkeerwaarde van nie minder nie as R51,5 miljoen goedgekeur het vir oordrag aan lojaliteitsprogramkliënte.
Gereelde vrae
‘n Wyse persoon weet nie noodwendig alles self nie, maar weet waar om te soek. Hier verskyn ‘n paar vrae wat kliënte gereeld oor die lojaliteitsprogram vra.
Waar kan ek my lojaliteitspunte besigtig?
Lojaliteitspunte is beskikbaar op NWK Online wanneer kliënte op hulle profiel aanteken.
Hoe weet ek my registrasie is goedgekeur?
Sodra ‘n registrasie goedgekeur is, sal ‘n kliënt ‘n e-pos en SMS ter bevestiging ontvang. Dit kan ook gesien word as kliënte op hulle profiel op NWK Online aanteken.
Hoe weet ek hoe my waarde verdien aangewend is?
Die waarde verdien word óf teen ‘n kliënt se NWK-rekening gekrediteer óf, indien hy/sy as ‘n bona fide-boer vir die Lojaliteitsprogram geregistreer is, word die waarde aangewend om NWK Beherend-aandele namens die kliënt aan te koop. Kliënte ontvang jaarliks ‘n amptelike skrywe per e-pos wat die waarde verdien en presies hoe dit aangewend is, aandui.
Kan ek by ‘n NWK-winkel of -silo vir die program registreer?
Handel persoonlik ‘n kort registrasieproses af deur na www.nwklojaliteit.co.za te gaan en op registreer te kliek. Indien u vashaak met die proses, sal ‘n NWK-winkel of -silo graag bystand hiermee verleen.
Waarom is die punte wat met graanlewerings aan NWK verdien is, nog nie sigbaar nie?
Graanpunte word na NWK se finansiële jaareinde – en na die afhandeling van die finansiële state – bereken en getoon. Die graansegment se totale puntepoel word bereken volgens hoe die wins met dié van die handelsegment s’n vergelyk. Nadat die puntepoel vasgestel is, word dit proporsioneel in die verhouding tot elke rekeninghouer se graanlewerings tot totale graanlewerings verdeel.
Hoe dateer ek my besonderhede op?
Kliënte kan hul besonderhede opdateer deur die wysigings wat verlang word op NWK se klantediensportaal [Skakel na klantediensportaal hier in] te versoek of deur ‘n e-pos te stuur na lojaliteit@nwk.co.za
Kan ek vir die Lojaliteitsprogram registreer indien ek slegs kontantaankope doen en nie ‘n NWK-rekeningnommer het nie?
Enigeen kan vir die Lojaliteitsprogram registreer. ‘n NWK-rekeningnommer word wel gebruik om u op die stelsel te identifiseer. Indien u slegs kontantsake met NWK doen en nie oor ‘n rekeningnommer beskik nie, sal ‘n rekeningnommer aan u uitgereik word wanneer die registrasie goedgekeur word (die rekening sal geen kredietfasiliteite beskikbaar hê nie en is slegs om transaksies vir lojaliteitspunte te identifiseer).
Het ek ‘n Lojaliteitsprogram-kaart nodig om punte te verdien?
Registrasie vir die program is nie aan ‘n kaart gekoppel nie, maar wel aan ‘n kliënt se NWK-rekeningnommer. Indien u slegs kontantsake met NWK doen en nie ‘n rekeningnommer het nie, sou ‘n rekeningnommer uitgereik gewees het na die registrasie goedgekeur is. Dié rekening sal geen kredietfasiliteite beskikbaar hê nie en is slegs om transaksies vir lojaliteitspunte te identifiseer. Maak dus seker u verskaf u rekeningnommer en dit word op die stelsel ingevoer tydens aankope of met lewering van graan aan NWK, om te verseker dat u transaksies wel vir lojaliteitspunte in berekening gebring word.
Hoe word my punte bereken?
Punte verdien met aankope word bepaal deur die bruto wins van die betrokke transaksie. Vir elke R100 bruto wins wat gerealiseer is, verdien ‘n kliënt een punt. Punte per ton graan gelewer word na NWK se finansiële jaareinde bereken en word bepaal deur die mate waartoe die graansegment se wins met dié van die handelsegment s’n vergelyk.
Wat is die waarde van een NWK-Lojaliteitsprogrampunt?
Die waarde van een punt verskil van jaar tot jaar. Die Direksie van NWK bepaal jaarliks, na gelang van die finansiële prestasie van NWK, ‘n bedrag wat aan die Lojaliteitsprogram toegeken word. Die bedrag word dan deur die totale poel punte verdien verdeel om ‘n waarde per punt vir die betrokke jaar te bereken. Die gemiddelde waarde van ‘n punt oor die afgelope vier jaar was in die omgewing van R3,00 elk.
Ek is vir die program geregistreer, maar hoe maak ek seker ek verdien punte op die graan wat ek aan NWK lewer?
Om seker te maak punte word verdien op die tonne wat gelewer word, verskaf u NWK-rekeningnommer sodat dit in die stelsel ingevoer word wanneer graan aan NWK gelewer word. Indien u rekeningnommer tydens lewering ingevoer is, sal die leweringsbewys u NWK-rekeningnommer bevat.
Waarom vir NWK Online registreer?
NWK Online is ‘n platform waar Lojaliteitsprogrampunte besigtig kan word, maar dit bied ook toegang tot ‘n verskeidenheid funksies, soos detail inligting per transaksie, duplikaat-fakture, rekeningstate, graanlewerings, plaaskaarte en kontrakte.
Ek het my NWK Online-kodewoord vergeet. Hoe herstel ek dit?
Kliënte kan hulle kodewoord herstel deur na NWK se webwerf te gaan en op NWK Online te kliek. Kliek volgende op My NWK Online wat jou na die aantekenskerm neem. Op die aantekenskerm is daar ‘n “herstel kodewoord”-knoppie wat gekies moet word. Sleutel jou selfoonnommer in wanneer daarvoor gevra word. Wanneer jy die “herstel kodewoord”-knoppie gekies het, sal ‘n unieke nommer per SMS aan jou voorsien word waarmee jy kan aanteken en laastens ‘n nuwe kodewoord kan invoer.