CAPITAL CORP. SYDNEY

73 Ocean Street, New South Wales 2000, SYDNEY

Contact Person: Callum S Ansell
E: callum.aus@capital.com
P: (02) 8252 5319

WILD KEY CAPITAL

22 Guild Street, NW8 2UP,
LONDON

Contact Person: Matilda O Dunn
E: matilda.uk@capital.com
P: 070 8652 7276

LECHMERE CAPITAL

Genslerstraße 9, Berlin Schöneberg 10829, BERLIN

Contact Person: Thorsten S Kohl
E: thorsten.bl@capital.com
P: 030 62 91 92

Lojale NWK-vennote word beloon

Nuus

Heinrich Krüger (voorsitter van NWK se direksie), Jacques de Wet (bemarkingsbestuurder van NWK), Marius Nel, Jaco Bothma, Juané du Preez – verteenwoordig Kobus du Preez van Volumart (Edms.) Bpk., Kobus Cordier, Nico Bouwer, Suria Engelbrecht – namens Louis Meyer van Tommiesrus (Edms.) Bpk., en Theo Rabe (groephoof- uitvoerende beampte van NWK).
* Afwesig: David van der Merwe van Mulda Boerdery en Rupert Richter van Shomene (Edms.) Bpk.

Nic Keyser (boumateriaal en staal), Heinrich Krüger, Jacques de Wet, Jaco Bothma (landbousaad), Juané du Preez – verteenwoordig Kobus du Preez (meeste punte verdien uit aankope), Gert Coetzee (meganisasie), Rudolph Loest (besproeiingstoerusting), Pieter en Mick Carroll – verteenwoordig Peter Carroll (dieregesondheid en veevoer), Christoff Grobler (landbouchemikalieë) en Theo Rabe.
* Afwesig: Gerrit Nel (beste groei in punte jaar op jaar) en Rupert Richter (kunsmis).

Lojale NWK-vennote word beloon

NWK stel die vennootskap met sy klante hoog op prys en het daarom die toppunteverdieners van sy unieke Lojaliteitsprogram tydens ‘n spoggerige erkenningsfunksie bedank. Die geleentheid is op Vrydag, 10 Februarie, by NWK se opleidingsentrum in Lichtenburg gehou.

Theo Rabe, groephoof- uitvoerende beampte, het gesê dat daar min maatskappye is wat hul visie uitleef en dat NWK dus ernstig is oor die vennoot-element van sy visie – “jou dinamiese vennoot in ‘n veranderende besigheidsomgewing”.

“‘n Onderneming kan nie sonder sy klante klaarkom nie, en NWK beskou julle daarom onomwonde as vennote in ons besigheid.”

Wenners

Richard Hobson van Botselo Farming (Edms.) Bpk. is vir die derde agtereenvolgende jaar die toppunteverdiener en is met ‘n LekkeSlaap-koopbewys ter waarde van R25 000 beloon.

Die ander toptienpunteverdieners is:

  • Marius Nel van M Nel Boerdery.
  • Jaco Bothma van Murasie Boerdery (Edms.) Bpk.
  • Rupert Richter van Shomene (Edms.) Bpk.
  • Kobus du Preez van Volumart (Edms.) Bpk.
  • Louis Meyer van Tommiesrus (Edms.) Bpk.
  • Nardus Steyn.
  • Nico Bouwer van Bouwer Boerdery.
  • Kobus Cordier.
  • David van der Merwe van Mulda Boerdery.

Die toppunteverdieners in die onderskeie produkkategorieë is ook vereer en sluit in:

  • Christo Grobler van Didymus Farming (Edms.) Bpk. (landbouchemikalieë).
  • Jaco Botha van Murasie Boerdery (Edms.) Bpk. (landbousaad).
  • Peter Carroll (dieregesondheid en veevoer). Peter is verlede jaar oorlede en sy seuns, Mick en Pieter, het die prys namens hom ontvang.
  • Nic Keyser van NIC Trailers (boumateriaal en staal).
  • Rupert Richter van Shomene (Edms.) Bpk. (kunsmis).
  • Giel Steyn van MJ Steyn (brandstof en smeermiddels).
  • Rudolph Loest van Eagles Pride Hatchery (Edms.) Bpk. (besproeiingstoerusting).
  • Gert Coetzee van Mooiveld Trust (meganisasie).

Kobus du Preez se Volumart (Edms.) Bpk. het die meeste punte uit aankope verdien en GJ Nel (Gerrit Nel) het die beste groei in punte jaar op jaar getoon. Hulle het elkeen NWK Retail-koopbewyse ter waarde van R5 000 ontvang.

Die toppunteverdieners het hul waardering vir die program uitgespreek. “Die Lojaliteitsprogram is ‘n verlengstuk van ons maatskappy en ons besigheid. Hoe meer jy koop, hoe meer kry jy. Dit is baie lekker om in vandag se era ‘n maatskappy te ondersteun en dan deur hulle vereer te word. Dit is ‘n bewys dat ons kan hande vat en saam besigheid kan doen.

“Ons leef in ‘n era waar jy enige plek in die wêreld aankope kan doen. Ons bly egter in ‘n boerderygemeenskap waar die een hand die ander was. Ons is dus nouer aan mekaar verweef en die Lojaliteitsprogram is ‘n uitstekende manier om vir klante te sê dat ons raakgesien en gewaardeer word,” het Nic Keyser van NIC Trailers gesê.

‘n Unieke lojaliteitsprogram

NWK se Lojaliteitsprogram is in 2017 van stapel gestuur om klante vir hul lojaliteit te bedank en te beloon in die vorm van NWK Beherend-aandele of ‘n krediet teen hul NWK-rekening vir die waarde verdien uit die program. Daar word elke jaar geld aan die program toegeken waarmee ‘n trust dan NWK Beherend-aandele aankoop en dit aan lede oordra. Hierdie program ondersteun dus boonop die aandeleprys.

Daar is reeds 9 323 440 aandele in NWK Beherend aan die Lojaliteitsprogram toegeken en daar word beraam dat die totaal teen einde 2023 op 13 983 440 sal staan.

In 2019 is ‘n aandeel vir R2,70 verhandel. Op 30 April 2020 was die sluitingsprys R5,50 weens die sogenaamde oproltransaksie, waarvolgens aandeelhouers in NWK Beperk die keuse gebied is om hul aandele te verkoop of indien hulle sou kwalifiseer, hul aandele vir NWK Beherend-aandele te ruil.

“Slegs produsente kan aandeelhouers van NWK Beherend wees en diegene wat nie gekwalifiseer het nie, moes ‘n uitbetaling van ‘n billike waarde kry. Die prys het hierna gedaal, aangesien daar nie genoegsame likiditeit in die mark was nie,” sê Theo.

Hierna het die prys egter aanhou styg en is ‘n groeikoers van 40% van 2018 tot 2021 aangeteken. In 2022 is verdere groei van 21% aangeteken en tot 6 Februarie vanjaar ‘n verdere 25%.

Die totale dividend verklaar sedert 2019 is 187c en teen die sluitingsprys op 6 Februarie van R5,75, kom dit neer op groei van 32,52%. Theo verduidelik: “Indien jy in 2018 aandele gekoop het, sou jou geld nou al verdubbel het. Oorweeg dit dus om meer in NWK te belê, aangesien ons vol vertroue is dat ons nog baie goeie jare gaan hê.

018 633 1000

Om met ‘n NWK-finansieringskonsultant te gesels.

Doen navraag

by jou naaste Retail-winkel of by enige NWK-graansilo.

Kontak ons

Besoek NWK se kliëntediensportaal vir navrae, voorstelle, klagtes of komplimente.