Gekoop en toe gewen
Altesaam 14 lede van NWK se unieke Lojaliteitsprogram het in Augustus NWK Retail-koopbewyse ontvang, wat wissel van R1 000 tot R3 000. As geregistreerde deelnemers aan die program, moes hulle bloot sedert 1 Desember 2020 kwalifiserende transaksies ter waarde van R500 of meer doen om outomaties vir die trekking ingeskryf te word.
Een lid van dié program wen jaarliks ‘n bielie van ‘n prys – NWK Retail-koopbewys ter waarde van R10 000. Vanjaar was Kobus du Preez van Vlakpan Trust die gelukkige wenner. n en Kobus is in ‘n gelukkige, gerekenariseerde trekking as die wenner verkies.
Die volgende wenners kon nie die geselligheid bywoon nie: Robert Pretorius, Nico Kilian (Nico Kilian Trust), Thys du Koker, Philip de Vos (Tacet Vervoer), Louis Meyer (Tommiesrus Edms. Bpk.) en Mark Hechter.